News | Nuus

Na die parlement

Op Dinsdag 1 Augustus het belangstellendes en belanghebbendes by die parlementsgebou aangemeld vir die eerste dag van die openbare sittings oor die opspraakwekkende Wysigingswetsontwerp op Outeursreg. Volg hierdie skakel na ‘n oorsig van die eerste dag se sessies op LitNet:

LitNet.

 

Die belang van outeursreg in die boekebedryf

Op Sondag, 23 April 2017, is Wêreld-boeke- en kopieregdag gevier. Hierdie UNESCO-inisiatief is gemik op die viering en bevordering van lees en die outeursregstelsel wat die uitgewersbedryf onderlê. Dit is nie toevallig dat dié twee dinge saam gevier word nie. Sinvolle outeursregwetgewing, en die effektiewe toepassing daarvan, is van sentrale belang vir die gesonde funksionering van die uitgewersbedryf, ’n bedryf wat toegespits is op die maak van boeke en die kweek van ’n sterk leeskultuur. Tog haal outeursreg tipies nie die slagspreuke of hutsmerke wat met die viering van dié dag gepaardgaan nie. Hierdie jaar was nie anders nie. Met groot veranderinge aan Suid-Afrika se Wet op Outeursreg in die pyplyn, is dit egter hierdie keer veral die moeite werd om ook by die belang van outeursreg in die boekebedryf stil te staan. Wat hier volg, is ’n kykie na die basiese beweegrede vir outeursreg, die stand van sake wat outeursreg betref en die uitdagings wat dit in die gesig staar.

[…]

Lees verder op LitNet: http://www.litnet.co.za/die-belang-van-outeursreg-die-boekebedryf/

Vlerke vir almal by Woordfees 2018

978079817451--Vlerke_Vir_Almal_Cover

Die US Woordfees het verhoogverwerking- en opvoerregte bekom vir Marion Erskine se jeugroman Vlerke vir almal, wat onlangs by Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers, verskyn het.

Saartjie Botha, uitvoerende hoof van die Woordfees, het by die finale ronde van die jaarlikse Nasionale Toneelspelkompetisie aangekondig dat ’n verwerking van hierdie eietydse jeugroman op volgende jaar se Woordfees-program sal wees. Bekende akteurs sal die verhoog deel met van die leerders wat vanjaar uitgeblink het in dié gewilde toneelspelkompetisie wat deur Herman van der Westhuizen van Hoërskool Bellville georganiseer word.

Vlerke vir almal is ’n aangrypende roman wat die kollig plaas op uitdagings waarmee tieners vandag te doen kry, onder andere kuberboelies. Die ware verhaal van Amanda Todd, die Kanadese tiener wat haar eie lewe geneem het nadat sy vir maande aaneen ge-kuberboelie is, het die outeur geïnspireer om hierdie moeilike maar uiters relevante temas te pak.

****

Stellenbosch University Woordfees has acquired stage adaptation and performance rights to YA novel Vlerke vir almal by Marion Erskine, published by Human & Rousseau, an imprint of NB Publishers. The stage adaptation will be performed at the Woordfees in 2018. The cast will feature well-known actors alongside high school pupils who excelled at the National Acting Competition.