Vlerke vir almal by Woordfees 2018

978079817451--Vlerke_Vir_Almal_Cover

Die US Woordfees het verhoogverwerking- en opvoerregte bekom vir Marion Erskine se jeugroman Vlerke vir almal, wat onlangs by Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers, verskyn het.

Saartjie Botha, uitvoerende hoof van die Woordfees, het by die finale ronde van die jaarlikse Nasionale Toneelspelkompetisie aangekondig dat ’n verwerking van hierdie eietydse jeugroman op volgende jaar se Woordfees-program sal wees. Bekende akteurs sal die verhoog deel met van die leerders wat vanjaar uitgeblink het in dié gewilde toneelspelkompetisie wat deur Herman van der Westhuizen van Hoërskool Bellville georganiseer word.

Vlerke vir almal is ’n aangrypende roman wat die kollig plaas op uitdagings waarmee tieners vandag te doen kry, onder andere boelies. Die ware verhaal van Amanda Todd, die Kanadese tiener wat haar eie lewe geneem het nadat sy vir maande aaneen ge-kuberboelie is, het die outeur geïnspireer om hierdie moeilike maar uiters relevante temas te pak.

****

Stellenbosch University Woordfees has acquired stage adaptation and performance rights to YA novel Vlerke vir almal by Marion Erskine, published by Human & Rousseau, an imprint of NB Publishers. The stage adaptation will be performed at the Woordfees in 2018. The cast will feature well-known actors alongside high school pupils who excelled at the National Acting Competition.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s